Mei 2024 Afkondigings

Plasing deur Nadia Lambrechts

August 11, 2022

FOOD AND FAITH:
Ons Feeding Namibia-projek, wat voortaan bekend sal staan as Food and Faith, waar kos vir die liggaam en die gees in die DRC van Swakopmund aan honger kinders voorsien word, is reeds vir ‘n paar jaar aan die gang. Elke Dinsdag en Donderdag word die kos na die projek se vraghouer in die DRC geneem, waar tussen 500 en 600 kinders bymekaar kom en reeds wag. Daar word vir hulle ‘n kort, geestelike boodskap gebring, ‘n gebed gedoen, en dan kry hulle kos.
Die kosprogram is afhanklik van skenkings en die kos wat ons vir die kinders gee, bestaan gewoonlik uit ń dik, voedsame sop wat gekook word met soja-bone (soms vleis ook) en pasta met ń snytjie brood daarby. Ons bedank vir Walter en Lana Gray wat hart en siel die onderneming gedoen het om hierdie projek te bestuur. Aan God al die eer! Enige vrywilligers wat geroepe voel om hulle te help sal verwelkom word. Kontak asb vir Walter by 0817242480.

KANKERVERENIGING VAN NAMIBIA:
Die gemeente in samewerking met die Kankervereniging wil graag kanker pasiënte ondersteun.
Ondersteuningsessies sal aangebied word elke eerste Dinsdag vandie maand in die Jeughuis om 18:00.
Kontak gerus vir Ds Kenneth of die kerkkantoor vir verdere inligting.

GEMEENTE WHATSAPP GROEP:
Indien u wil deel wees van die gemeente whatsapp groep, is u welkom om die kerkkantoor te kontak. Op hierdie groep plaas ons slegs kennisgewings en inligting wat die gemeente raak.

‘CLOTHING NAMIBIA’:
‘Clothing Namibia’ is ‘n nuwe inisiatief. Indien u wil help, vra ons dat u goeie tweedehandse kinderklere kerk toe sal bring. Die klere sal aan behoeftiges versprei word.

HELP SENIORS – MEDISINALE VOETVERSORGER:
Die NG Kerk Swakopmund het n baie aktiewe program waartydens senior burgers ondersteun en bedien word, om hul unieke behoeftes aan te spreek.
Tydens die laaste vergadering het die dienste van n medisinale voetversorger weer ter sprake gekom. Die Help Senior groep onderneem om senior lidmate wat van hierdie diens gebruik wil maak, te subsidieer. Kontak vir Nita Visser (081 124 0773) of die Kerkkantoor (064 404040) vir medisinale voetversorging (naels en basiese wondsorg) in die gerief van u eie huis.
Namens Help Seniors.

HEMELVAARTDIENS:
Kom sluit gerus aan by ons Hemelvaartdiens op 09 Mei om 09:00.

PINKSTER WEEK – (SONDAG – WOENSDAG):
Pinkster skop Sondag oggend, 12/05 @ 09:00 af en dan ook die aand 18:00. Die res van die week Maandag, 13/05 tot Woensdag, 15/05 is van 18:00 tot 19:00.

FAMILIEFEES:
Na afloop van die erediens op Sondag, 19 Mei, gaan ons voor in die kerk bymekaar kom met die persone wat aanmeld vir die reël van die familiefees. Ons gaan ‘n whatsapp groep ook stig vir die wat nie 19 Mei kan bywoon nie.

AUDIO BEDIENING:
Ons is opgewonde om binnekort ń Audio Bediening op die been te bring. Hierdie bediening sal poog om Geestelike voeding via audio formaat te voorsien.
Ons is tans besig om ń nuwe WhatsApp groep te stig vir lidmate wat graag toegang tot hierdie materiaal wil hê.
Ons hou julle op hoogte!

Ander plasings wat hierby aansluit