‘n Totale bedrag van N$603 525.00 het ingekom.
Ons dank die Here hiervoor, want dit is Hy wat in ons harte werk om ook getrou te wees in ons bydraes.
Die Oesfees vorm ‘n baie belangrike deel van ons jaarlikse begroting. ‘n Tiende daarvan word jaarliks uitgestem vir verdienstelike instansies buite die gemeente.
Dit is ‘n onderneming wat die Kerkraad van die ontstaan van die Oesfees teenoor die Here gegee het en waaraan ons nog altyd getrou was.
Ons het hierdie jaar besluit ons gaan 10% van die oesfeesinsameling spandeer op plaaslike uitreike om ‘n impak in ons gemeenskap te maak.
Julle offergawes aan die Here maak die bediening moontlik.