Omgee

 

Barmhartigheid

Met die bergrede leer Jesus ons onder andere “Geseënd is dié wat barmhartigheid is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. Ons as gemeente verbind ons dus daartoe om barmhartigheid te bewys en die lys waar oral barmhartigheid bewys kan word is sekerlik baie lank. Die bedoeling is egter dat ons as gelowiges moet aanleer om sensitief te wees oor waar hulle ‘n verskil kan maak.

Ons gehoorsaamheid aan die Here lê in die uitlewing daarvan dat ons hoor wat die Heilige Gees ook vir ons sê . . . Gaan en wees barmhartig soos julle Vader barmharting is.

Vir begrafnis reelings kontak die kerkkantoor of een van ons Dominees.

Indien u betrokke wil raak by hierdie bediening kontak gerus vir Susan Usher by 081 036 4553.

Bejaarde sorg is n belangrike deel van ons gemeente wees, finansiele hulp, ‘n oor om te luister, ‘n hart van omgee en liefhê is belangrik om die eensaamheid te verdryf.

Ons leraars en kerkraad is gereed om die gemeente pastoraal by te staan

Beraders uit ons gemeente sal u graag bystaan met gesprekke onder andere, persone in rou, ouerskap uitdagings, angs, verhoudings ens.

Indien U hulp benodig, skakel asb die kerk kantoor met U versoek.

Ons voorsien etes aan die inwoners van Welwitschia park, kontak asb vir Lina Loubser by 081 129 4840 indien U betrokke wil raak.

Koinonia

Koinonia is afgelei van die Griekse woord koiné wat beteken: Wat algemeen is tussen ‘n groep mense, of dit wat ‘n groep mense na mekaar aantrek. Koinonia verwys dus na ‘n groep mense wat hul geloof deel en spesifiek die nuwe lewe in Jesus Christus. (bekering) deur die werking van die Heilige Gees.

Die woord koinonia word egter in die Nuwe Testament ook gebruik vir die verhouding tussen die gelowige en die Here (vertikale verhouding) asook word dit gebruik vir die verhouding van ‘n gelowige met sy medegelowiges ( horisontale verhouding). Onderlinge koinonia is egter onmoontlik sonder koinonia met die Here. Dit is daarin gewortel en groei daaruit.

Kleingroepe inligting

Gemeente etes inligting

Kom kuier saam by ons gemeente kuiers

Verkeer Sosiaal en leer mekaar ken.

Herderskap inligting

Nuut in Swakopmund en wil graag in skakel by ons gemeente ?  U is welkom, skakel asb die kerk kantoor vir meer inligting.