Nuwelinge, Intrekkers

 

Nuut hier?

Baie welkom by NG Kerk Swakopmund Gemeente

Die gemeente poog om elkeen te bemoedig, te versorg, toe te rus, te mobiliseer en te begelei om as Christene te leef. Ons verwelkom elke nuweling, intrekker en gaste om by ons aan te sluit en deel te neem aan die bedrywighede wat deur die NG Kerk Swakopmund Gemeente aangebied word.

Persone wat inligting oor die gemeente wil hê of belangstel om lidmaat van NG Kerk Swakopmund gemeente te word kan die kerkkantoor kontak of na afloop van elke erediens by die betrokke leraar aanmeld.

Nuwe Lidmate moet asseblief die nuwe lidmaatvorm invul en daarna terug stuur aan die kerkkantoor per e-pos, standaard pos of dit direk by die kerkkantoor in te handig.  U kan ook die lidmaatskap vorm aanlyn invul wat dan direk na die kerkkantoor toe gestuur sal word.

Indien u wil deel wees van die gemeente whatsapp groep, is u welkom om die kerkkantoor te kontak. Op hierdie groep plaas ons slegs kennisgewings en inligting wat die gemeente raak.

Enige persoon is welkom om deel te neem aan die bedrywighede wat deur NG Kerk Swakopmund Gemeente aangebied word . . . eredienste, jeugbediening, omgeebediening, kursusse, uitreike en vele meer.

Nuttige Kontak nommers en persone wat behulpsaam kan wees.

Nadia Lambrechts

064 404 040
skriba@ngkerkswakopmund.com

Beraders uit ons gemeente sal u graag bystaan met gesprekke onder andere, persone in rou, ouerskap uitdagings, angs, verhoudings ens.

Indien U hulp benodig, skakel asb die kerk kantoor met U versoek.