Kookspan Welwitschia
Kookspan van die Welwitschia etes projek rig die volgende versoek.
Ons beplan ons jaarlikse Kersete vir die seniors van Welwitschia park wat DV sal plaasvind die 9de Desember.
Die kookspan sal bydraes vir vir hierdie fonds & projek baie waardeer, sodat hulle hierdie dag so spesiaal as moontlik kan maak vir die seniors.
Hulle benodig ook asseblief donasies van los lekkers en klein pakkies chips / en klein pakkies grondboontjies en rosyntjies, om by elkeen se geskenkie te sit.
(In totaal sal daar 60 geskenkpakkies gemaak moet word).
Dit sal opreg waardeer word indien die donasies/bydraes by Nadia by die Kerkkantoor afgegee kan word voor of op die 12de November 2021.